|
Ringbal 2008
2008 Het weereens gesorg vir baie hoogtepunte. 22 Leerlinge is gedurende die Oktober vakansie na Kroonstad om aan die Nasionale Ringbalkampioenskappe deel te neem.
Die nagenoeg 1300 spelers het 19 streke verteenwoordig. Ons 0/15 dogters het hul toernooi gewen en met trots weggestap met die goud.
Tydens die SA spanaankondiging is ons skool vereer met 4 spelers in die SA-A span, nl. Sade Walters, Diandri van Niekerk, Shanel Groenewald en Bernard Janse van Rensburg. Izaan van Zyl en Anzel de Villiers is vir die Uitnodigingspan gekies en Andre Pretorius en Jonty van den Berg vir die Presidentspan.
|