|
Netbal 2008
Ons netbalspanne het hierdie jaar 'n uiters suksesvolle seisoen beleef. Die 1ste span het 6 van hul 8 en die 2de span 7 van hul 8 wedstryde gewen.
Die hoogtepunt was toe albei spanne Pionier, ons sterkste kompetisie, in die stof laat byt het.
Leandri Botha, Melissa Campher, Roelien Potgieter en Delien Rossouw het Noordkus-kleure verwerf.
In ons 0/16 span het Suné Matthee, Melanie Botha en Melanie van der Linde dieselfde prestasie behaal.
In die 0/15 span was dit Shirley-Ann Booyse, Anzel de Villiers, Sadé Walter en Chanelle Stander wat die top prestasie behaal het.
Ons is veral trots op Shirley-Ann Booyse, Anzel de Villiers en Delien Rossouw wat vir die Natal-span gekies is.
|