Gebeurtenis Kalender
<<  June 2010  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  6
  7  8
    

Skoolgebed

Ons Vader wat in die hemel woon,
U wat die see, bosse en mere geskape het,
U, ons hawe en dolos wanneer die see van ons lewens te rof raak...

Ons bid vir ons land se leiers,
ons skool se leerders, personeel en ouers.
Gee ons die insig en krag om ons akademiese
sowel as sport- en kultuurtalente reg te gebruik,
sodat ons die doel wat u met ons het,
suksesvol kan bereik.

Help ons om mekaar te aanvaar en te vergewe,
mekaar te respekteer en volgens U wil te lewe.

O Heer!  Ons vra dat U ons, ons oortredinge sal vergewe,
ons afwas met u bloed
en hou ons gedagtes, woorde en dade rein en goed.

Ons, die leerders en personeel van Hoërskool Richardsbaai
vra U om ons te help,
ons toegewyd te maak
en toe te rus vir die toekoms.

Ons wil U loof en hulde bring.
Alle glorie aan U, ons Verlosser!

Pro Deo et Patria -
lank lewe ons God,? onse Vader.

AMEN