Uit die Hoof se Kantoor
In my jong dae het die Beatles die liedjie "Eight days a week" gewild gemaak. Dit was seker die voorloper van die "dolle 2010", 'n jaar wat besig is om vinnig verby te snel.
Die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied word, loer vir ons om die draai. Die onstuimige politieke verwikkelinge veroorsaak egter 'n paar ongemaklike slaggate. Wat ookal elkeen se gevoel teenoor 2010 mag wees, wil ek 'n ieder en 'n elk uitdaag om die goeie uit die verlede te haal en die toekoms daarop te bou. Vermy wanhoop en apatie - moenie bang wees vir die uitdagings wat voorlê nie. Daar is volgens my mening nog baie ongetapte potensiaal op akademiese-, sport- en kultuurgebied in Baaitjieland.
Laat ons die uitdagings tegemoet gaan met die wyse woorde van Coco Chanel - "As jy sonder vlerke gebore is, moet dan niks doen om te verhoed dat hulle groei nie!"
Baaitjie-groete,
Chris van der Westhuizen
SKOOLHOOF



